Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
been
Afbreking: been
Selfstandige naamwoord: been
Meervoud: bene, beendere
Verkleinwoord: beentjie
Meervoud van verkleining: beentjies
Betekenis:
• (anatomie) Ledemaat waarop gestaan en waarmee geloop word.
• 'n Selfstandige onderdeel van 'n geraamte.
• Die stof waaruit bene bestaan.
• Iets wat aan 'n been herinner.
Gebruik:
• 'n Mens het twee bene terwyl 'n hond vier pote het.
• 'n Volwasse mens het ongeveer 200 bene.
• Been is hard as gevolg van die kalk wat daarin opbou.
• In meetkunde het elke hoek twee bene en 'n hoekpunt.
Spreekwoord:
• Hy kla steen en been. [Kla baie.]
• Hy is net vel en been. [Baie maer.]
• Weer op die been kom. [Om te herstel.]
• Tot die been oopvlek. [Alles openbaar.]
• Iets op die been bring. [Tot stand laat kom.]
• Hy is vroeg op die been. [Hy staan vroeg op.]
• Deur murg en been gaan. [Dwarsdeur 'n mens gaan.]
• Hy trek my been. [Die persoon terg of goedig spot.]
• Dis soos 'n blok aan die been. [Iets wat jou belemmer, wat vooruitgang strem.]
• Hy bly op die been. [Gaan aan met werk; bly nie in die bed nie.]
• Hy staan met een been in die graf. [Naby die einde van sy lewe; afgeleef.]
• Jy het 'n ketting aan jou been. [Word gestrem in jou handelinge.]
• Met die verkeerde been uit die bed klim. [Vroeg in die oggend al nukkerig wees.]
• 'n Leuen het maar 'n kort been. ['n Onwaarheid word gou ontdek.]
• Op een been kan 'n mens nie loop nie. [Verskoning vir 'n ekstra sopie drank.]
• Twee honde om een been, die derde loop daarmee heen. [As twee mense om een ding twis, kom dit dikwels in die besit van 'n ander persoon.]
Sinoniem:
• poot (veral by diere en objekte)
• gebeente