| asseblief [boodskap #126609] |
Do., 13 Junie 2019 20:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25479 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
asseblief
Afbreking: as•se•blief
Uitspraak: /ɑsəbliːf/
Bywoord: asseblief
Betekenis:
• Vra hoflik vir iets; 'n beleefde aandrang by 'n versoek.
• Versterk 'n bevel.
Gebruik:
• Kan ek asseblief 'n glas water kry?
• Dames en here, u aandag asseblief.
Wisselvorm:
• seblief
Afkorting:
• asb.
Vertaling:
Engels: please
Nederlands: alstublieft
Tussenwerpsel: asseblief
Betekenis:
• 'n Uitdrukking van ergernis, ontsteltenis of ontkenning. Om liefdeswil.
Gebruik:
• Ag asseblief! Spaar ons al die details.
Vertaling:
Engels: please
Nederlands: alstublieft
Selfstandige naamwoord: asseblief
Betekenis:
• Die handeling om asseblief te sê.
Gebruik:
• Met 'n asseblief kom veel gedaan.
• Sy het nie eers 'n asseblief gekry nie.
Vertaling:
Engels: please
Nederlands: alstublieft
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|