Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vrees
vrees [boodskap #126610] Vr, 14 Junie 2019 06:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19042
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vrees
Afbreking: vrees
Uitspraak: /friə̯s/




Selfstandige naamwoord: vrees
Meervoud: vrese
Verkleinwoord: vresie
Meervoud van verkleining: vresies

Betekenis:
• 'n Gevoel van bang wees; angs.
• Met ontsag en eerbied behandel.

Gebruik:
• Een van die mees algemene vrese is glossofobie of die vrees om voor mense te praat.
• Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig. [Psalms 2:11]

Spreekwoord:
• Tussen hoop en vrees lewe. [In onsekerheid lewe.]

Sinoniem:
• bangheid
• angs
• huiwer

Hiponiem:
• dieptevrees
• eksamenvrees
• hoogtevrees
• watervrees

Verwant:
• vreesaanjaend
• vreeslik
• vreeswekkend

Vertaling:
Engels: fear, apprehension
Nederlands: vrees


Werkwoord: vrees
Verlede tyd: het gevrees
Teenwoordige deelwoord: vreesende

Betekenis:
• Om bang wees vir iets of iemand.
• Sê dat jy jammer is of nie saamstem nie.

Gebruik:
• Wetenskaplikes vrees dat die broeikaseffek ernstige gevolge vir ons planeet gaan inhou.
• Ek vrees ek kan nie met jou saamstem nie.

Homofoon:
• frees (onderdeel van 'n freesmasjien)

Vertaling:
Engels: to fear, dread, apprehend
Nederlands: vreezen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: asseblief
Volgende onderwerp: maag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:31:50 MGT 2024