Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lettergreep
lettergreep [boodskap #126579] Wo, 12 Junie 2019 10:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19042
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lettergreep
Afbreking: let•ter•greep
Samestelling: letter + greep



Selfstandige naamwoord: lettergreep
Meervoud: lettergrepe
Verkleinwoord: lettergrepie
Meervoud van verkleining: lettergrepies

Betekenis:
• 'n Deel van 'n woord wat 'n klank voorstel. Een van die dele waarin 'n mens 'n woord kan opdeel as jy skryf.

Gebruik:
• Die woord "hond" het een lettergreep, maar "water" het twee.
• Die woord "water" bestaan uit 'n oop (wa-) en 'n geslote lettergreep (-ter).
• 'n Oop lettergreep eindig in 'n klinker, terwyl 'n geslote lettergreep in 'n medeklinker eindig.
• Die woord "klipperig" het drie lettergrepe, klip - pe - rig (een oop en twee is geslote).

Sinoniem:
• sillabe

Afkorting:
• letg.

Verwant:
• klankgreep
• woordafbreking

Vertaling:
Engels: syllable
Nederlands: lettergreep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: infinitief
Volgende onderwerp: figurant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:32:49 MGT 2024