Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoop
hoop [boodskap #126551] Di, 11 Junie 2019 05:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19042
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hoop grond.
'n Hoop grond.
hoop
Afbreking: hoop




Selfstandige naamwoord: hoop
Meervoud: hope
Verkleinwoord: hopie
Meervoud van verkleining: hopies

Betekenis:
• 'n Klomp goed wat bo-op mekaar lê; 'n stapel.

Gebruik:
• Hy gooi die klippe op 'n hoop.

Afgelei:
• grondhoop
• miershoop
• molshoop
• sandhoop

Verwant:
• ophoop

Vertaling:
Engels: heap, pile
Nederlands: hoop


Selfstandige naamwoord: hoop
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Oortuiging dat verbetering moontlik sal wees; onsekere verwagting dat 'n bepaalde gewenste gebeurtenis sal plaasvind.

Gebruik:
• Vir Christene is hoop, naas geloof en liefde, een van die drie Christelike deugde.

Spreekwoord:
• Tussen hoop en vrees lewe. [In onsekerheid lewe.]
• Solank daar lewe is, is daar hoop. [As jy nog lewe, kan jy sak nog beïnvloed.]
• Die hoop beskaam nie. ['n Mens kry dikwels waarop jy hoop.]

Antoniem:
• wanhoop

Verwant:
• hopeloos
• hoopvol

Vertaling:
Engels: hope
Nederlands: hoop


Werkwoord: hoop
Verlede tyd: het gehoop
Teenwoordige deelwoord: hopende

Betekenis:
• Om te wens dat iets sal gebeur of waar sal word.
• Ophoop; stapel.

Gebruik:
• Ons hoop vir reën.
• Vurige kole op iemand se kop hoop. [Deur kwaad met goed te vergeld die vyand verleë maak.]

Vertaling:
Engels: to hope
Nederlands: hopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oog
Volgende onderwerp: kleure
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:55:00 MGT 2024