onderskei [boodskap #126546] |
Mon, 10 June 2019 19:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onderskei
Afbreking: on•der•skei
Werkwoord: onderskei
Verlede tyd: het onderskei
Betekenis:
• Om die verskil tussen dinge te sien. Om op die basis van kenmerkende verskille aan 'n groep toe te wys of in groepe te verdeel.
Gebruik:
• Mens behoort darem tussen reg en verkeerd te kan onderskei.
• Twee soorte sterreswerms word onderskei: bolvormige en oop swerms.
Sinoniem:
• differensieer
• uitken
Afgelei:
• onderskeid
• onderskeiding
• onderskeier
Vertaling:
Engels: to distinguish
Nederlands: onderscheiden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|