Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teorie
teorie [boodskap #126547] Ma., 10 Junie 2019 19:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25613
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teorie
Afbreking: teo•rie



Selfstandige naamwoord: teorie
Meervoud: teorieë
Verkleinwoord: teorietjie
Meervoud van verkleining: teorietjies

Betekenis:
• 'n Stelsel van denkbeelde, logiese verduidelikings en veralgemenings wat bekende feite verklaar en nuwe waarnemings voorspel.

Gebruik:
• Einstein het die teorie van algemene relatiwiteit ontwikkel.

Spreekwoord:
• Een ons praktyk is beter as 'n pond teorie. [Ervaring beteken dikwels baie meer as kennis.]

Antoniem:
• praktyk

Hiponiem:
• atoomteorie
• evolusieteorie
• relatiwiteitsteorie
• spelteorie

Afgelei:
• teoreties
• teoretikus

Vertaling:
Engels: theory
Nederlands: theorie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 24 Junie 2026 18:14]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: onderskei
Volgende onderwerp: waarmee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jun. 26 10:13:29 UTC 2026