Betekenis:
• Om iets onder die grond toe te maak.
• Om 'n oorledene in 'n doodskis ter aarde te bestel.
• (figuurlik) Om te vergeet.
Gebruik:
• Gedurende die oorlog het hy sy waardevolle items in die tuin begrawe.
• Ouma is na haar dood begrawe, maar ek wil eerder veras word.
• Begrawe om hemels naam die geskil sodat ons kan aanbeweeg.
Spreekwoord:
• Hy begrawe die strydbyl. [Maak vrede.]
• Hy begrawe sy talente. [Hy gebruik nie sy gawes nie.]
Sinoniem:
• begraaf
Antoniem:
• opgrawe
Verwant:
• begraafplaas
Vertaling:
Engels: to bury
Nederlands: begraven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.