album [boodskap #126522] |
Sun, 09 June 2019 16:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21038 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
album
Afbreking: al•bum
Selfstandige naamwoord: album
Meervoud: albums
Verkleinwoord: albumpie
Meervoud van verkleining: albumpies
Betekenis:
• 'n Boek vir die berg en uitstal van foto's of posseëls.
• 'n Versameling van musieksnitte.
Gebruik:
• Sy het 'n mooi album van al haar vakansiefoto's gemaak.
• Hy het DJ Ossewa se nuutste album gekoop.
Sinoniem:
• gedenkboek
Afgelei:
• fotoalbum
• posseëlalbum
• musiekalbum
• versamelalbum
• debuutalbum
Vertaling:
Engels: album
Nederlands: album
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|