Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » versameling
versameling [boodskap #126521] So., 09 Junie 2019 16:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26824
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
versameling
Afbreking: ver•sa•me•ling




Selfstandige naamwoord: versameling
Meervoud: versamelinge, versamelings
Verkleinwoord: versamelinkie
Meervoud van verkleining: versamelinkies

Betekenis:
• Dinge wat bymekaar gemaak of bymekaar gebring word.
• Voorwerpe of sake wat logies saam hoort of as 'n eenheid gesien word.
• (wiskunde) 'n Geheel van bepaalde elemente wat as 'n enkele objek beskou word.

Gebruik:
• Hy het 'n groot versameling seëls.
• Kanker is 'n versameling siektes wat gekenmerk word deur onbeheerde selgroei.
• Die getalle 2, 4, 6 en 8 is deel van die versameling van ewe getalle.

Sinoniem:
• geheel
• groep
• kolleksie

Antoniem:
• verspreiding

Hiponiem:
• definisieversameling
• kunsversameling
• seëlversameling

Afgelei:
• versamelingsleer

Afkorting:
• versam.

Vertaling:
Engels: collection, set
Nederlands: verzameling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geestelike
Volgende onderwerp: album
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 12 22:10:16 UTC 2026