Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voet
voet [boodskap #126498] Sa, 08 Junie 2019 19:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19042
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die sool van 'n voet.
Die sool van 'n voet.
voet
Afbreking: voet
Uitspraak: /fut/




Selfstandige naamwoord: voet
Meervoud: voete
Verkleinwoord: voetjie
Meervoud van verkleining: voetjies

Betekenis:
• (anatomie) Die onderste deel van mens (of dier) se bene waarmee geloop word.
• (eenheid) 'n Ou lengtemaat, ongeveer so lank soos 'n mens se voet.
• Die onderste deel van iets.

Gebruik:
• Hy het sy voet teen die klip gestamp.
• Die tafel is 3 by 5 voet groot.
• Die voet van die berg is met mis bedek.

Spreekwoord:
• Hulle is op gelyke voet. [Eenders.]
• Voor die voet. [Sonder uitsondering.]
Voet in die wind slaan. [Weghardloop.]
• Jou voet dwars sit. [Jou teen iets verset.]
• Op vrye voet. [Vry en nie in aanhouding nie.]
Voet in die deur kry. ['n Geleentheid gekry.]
• Op staande voet iets doen. [Onmiddellik iets doen.]
Voet by stuk hou. [Volhard in 'n eis of oortuiging.]
• Op gespanne voet lewe. [In vyandskap met mekaar lewe.]
• Beste voet voorsit. [Jou so goed as moontlik voordoen.]
• Geen voet versit nie. [Nie die minste moeite gedoen nie.]
• Hulle is op goeie voet. [Vriendelik wees teenoor iemand.]
• Een voet in die graf hê. [Baie oud wees; dodelik siek wees.]
• Geen rus vir die holte van jou voet nie. [Vind nêrens rus nie.]
• Jou voet onder andermanstafel steek. [Afhanklik wees van iemand.]
• Met die verkeerde voet uit die bed klim. [Nors en nukkerig wees.]
• Siekte kom te perd, dog vertrek te voet. [n Mens word gouer siek as gesond.]
• Die voet in die stiebeuel hê. [n Goeie pos hê met vooruitsig op bevordering.]

Hiponiem:
• linkervoet
• regtervoet

Afgelei:
• voetbad
• voetbal
• voetboei
• voetbrug
• voetenent
• voetganger
• voetkonstabel
• voetmat
• voetpad
• voetpomp
• voetslaan
• voetspoor
• voetsool
• voetstoots
• voetverkeer
• voetwerk

Afkorting:
• vt.

Verwant:
• poot

Homofoon:
• voed (van kos voorsien)

Vertaling:
Engels: foot, base, footing
Nederlands: voet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: besonder
Volgende onderwerp: vloot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:02:07 MGT 2024