Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » besonder
besonder [boodskap #126497] Sa., 08 Junie 2019 18:06
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26289
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
besonder
Afbreking: be•son•der




Byvoeglike naamwoord: besonder
Attributief: besondere
Partitief: besonders

Betekenis:
• Wat buitengewoon of anders is; oor 'n hoogs eienaardige kwaliteit of kenmerk beskik.
• Wat spesiaal, eie of uniek is.
• In 'n baie hoë mate; veral, vernaamlik, nadruklik.

Gebruik:
• Die huis is besonder groot.
• Sy is 'n besondere mens.
• Die toer was iets besonders.

Afgelei:
• besonderheid
• besonderlik

Afkorting:
• bes.

Vertaling:
Engels: special, particularly, unusual
Nederlands: bijzonder


Selfstandige naamwoord: besonder
Meervoud:

Betekenis:
• Spesiaal (in die vaste uitdrukking, "in die besonder").

Gebruik:
• Sy het haar in die besonder beywer om arm Afrikaners se omstandighede te verbeter.

Vertaling:
Engels: especially
Nederlands: bijzonder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: poging
Volgende onderwerp: voet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Aug. 27 14:59:49 UTC 2026