| poging [boodskap #126496] |
Sa., 08 Junie 2019 18:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25993 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
poging
Afbreking: po•ging
Samestelling: poog + -ing
Selfstandige naamwoord: poging
Meervoud: pogings
Verkleinwoord: poginkie
Meervoud van verkleining: poginkies
Betekenis:
• Die handeling van poog; probeerslag om iets te doen of iets te bereik.
Gebruik:
• Die derde poging is gewoonlik suksesvol.
• Ná verskeie mislukte pogings, het hy opgegee.
Sinoniem:
• probeerslag
Afgelei:
• eindpoging
• ontsnappingspoging
• reddingspoging
• spanpoging
• sluipmoordpoging
Vertaling:
Engels: attempt, try, effort, endeavour
Nederlands: poging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|