Leksikograaf Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onderneem
Afbreking: on•der•neem
Werkwoord: onderneem
Verlede tyd: het onderneem
Betekenis:
• Iets aanpak, waag of beproef; 'n aksie in werking stel.
• Op jou neem; verbind om iets te doen.
Gebruik:
• Hy onderneem 'n staptog deur die Magaliesberg.
• 'n Koopkontrak is 'n ooreenkoms waarin 'n persoon onderneem om iets teen betaling te lewer.
Vertaling:
Engels: to undertake, attempt
Nederlands: ondernemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.