Leksikograaf Boodskappe: 27240 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
regeer
Afbreking: re•geer
Werkwoord: regeer
Verlede tyd: het regeer, het geregeer
Teenwoordige deelwoord: regerend, regerende
Verlede deelwoord: geregeerde
Betekenis:
• Om politieke gesag uit te oefen, dikwels deur wette uit te vaardig en instellings in die lewe te roep.
• (figuurlik) Om beheer of gesag oor iemand of iets uit te oefen.
Gebruik:
• Die Nasionale Party (NP) het Suid-Afrika van 1948 tot 1994 regeer.
• Moenie toelaat dat emosies jou lewe regeer nie.
Spreekwoord:
• Hy regeer met 'n ystervuis. [Onverbiddelik en wreed.]
• Die hand wat die wieg skommel, regeer die wêreld. [Moeders oefen die grootste invloed op die wêreld uit.]
Sinoniem:
• administreer
• bestuur
• heers
Afgelei:
• regeerder
• regeerkuns
• regering
Vertaling:
Engels: to rule, govern, reign
Nederlands: regeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.