Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aard
aard [boodskap #126409] Wo., 05 Junie 2019 15:14
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26924
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
aard
Afbreking: aard




Selfstandige naamwoord: aard
Meervoud: –
Verkleinwoord: aardjie
Meervoud van verkleining: –

Betekenis:
• Hoe iemand optree of hoe iets/iemand is.

Gebruik:
• Die werk is uit die aard van die saak baie ingewikkeld.
• Hy het sy pa se humeur geërf, aardjie na sy vaartjie!

Sinoniem:
• geaardheid
• inbors
• karakter
• natuur
• wese
• soort

Vertaling:
Engels: nature, character, disposition, manner
Nederlands: aard


Werkwoord: aard
Verlede tyd: het geaard

Betekenis:
• Om soos iets of iemand anders te wees; soortgelyke karaktertrekke hê.
• Om tuis te wees; inpas.
• Om met die aarde te verbind; aardleiding verskaf.

Gebruik:
• Hy aard na sy pa.
• Sy sal nooit op 'n plaas aard nie.
• Onthou om die lugdraad te aard. Het jy die windpomp geaard?

Vertaling:
Engels: to take after; thrive
Nederlands: aarden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 24 Oktober 2026 11:53]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: berg
Volgende onderwerp: regeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Okt. 24 17:03:23 UTC 2026