Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » berg
berg [boodskap #126408] Wo., 05 Junie 2019 13:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26515
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Die kruin van Tafelberg.
Die kruin van Tafelberg.
berg
Afbreking: berg
Uitspraak: /bɛrχ/




Selfstandige naamwoord: berg
Meervoud: berge
Verkleinwoord: bergie
Meervoud van verkleining: bergies

Betekenis:
• (geologie) 'n Substansiële verhoging in die landskap; baie hoë heuwel.
• (figuurlik) 'n Groot hoeveelheid goed.
• (figuurlik) 'n Probleem wat oorkom moet word.

Gebruik:
• Kom ons klim die berg uit.
• Waar kom die berg werk skielik vandaan? Ek het 'n berg wasgoed om te stryk.
• Die eksamen is soos 'n berg wat voor my lê.

Spreekwoord:
• Hy maak 'n berg van 'n molshoop. [Baie oordryf.]
• Dit is 'n berg van sy skouers af. [Hy voel baie verlig.]
• Die berg het 'n muis gebaar. [Groot dinge is verwag en net iets kleins het gebeur.]
• 'n Lyf soos 'n berg en 'n hart soos 'n perskepit. [Gesê van iemand wat groot van postuur, maar lafhartig of baie sensitief is.]

Antoniem:
• dal

Hiponiem:
• ysberg

Afgelei:
• bergbewoner
• bergketting
• bergpas
• bergreeks
• bergskilpad
• bergstroom

Vertaling:
Engels: mountain, mount
Nederlands: berg
Tswana: thaba
Venda: thavha
Xhosa: intaba
Zoeloe: intaba


Werkwoord: berg
Verlede tyd: het geberg
Verlede deelwoord: gebergde

Betekenis:
• Om te stoor, bêre; in veiligheid bring; red.

Gebruik:
• Ons moet van die graan vir droë jare berg.

Afgelei:
• berging

Vertaling:
Engels: to store, salvage
Nederlands: bergen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 11 September 2026 20:05]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: Spanje
Volgende onderwerp: aard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Sep. 16 12:31:04 UTC 2026