Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » iets
iets [boodskap #126346] Sa, 01 Junie 2019 15:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
iets
Afbreking: iets
Uitspraak: /its/




Onbepaalde voornaamwoord: iets

Betekenis:
• Een of ander ding, maar nie 'n spesifieke ding nie.

Gebruik:
• Kan daar iets goeds van kom?
Iets besit slegs waarde as 'n mens dit vir 'n doel kan aanwend wat hom bevoordeel.

Spreekwoord:
• Daar sit iets agter. [Daar is onbekende redes.]
• Daar is iets nie pluis nie. [Daar is iets verkeerd.]
• Hy voer iets in die skild. [Hy het geheime planne.]
• Dit bring hom iets in die sak. [Hy trek voordeel daaruit.]
• Dis nie iets om oor te lag nie. [Dis 'n ernstige saak.]

Antoniem:
• niks

Vertaling:
Engels: something, anything
Nederlands: iets


Selfstandige naamwoord: iets
Meervoud:
Verkleinwoord: ietsie
Meervoud van verkleining:

Betekenis:
• 'n Stuk van 'n ding.

Gebruik:
• Gee my asseblief so 'n ietsie van jou pastei en koeldrank, want ek is honger en dors.

Vertaling:
Engels: piece
Nederlands: iets

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nege
Volgende onderwerp: laer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 15:03:49 MGT 2024