| gemiddelde [boodskap #126308] |
Vr., 31 Mei 2019 06:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26119 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
gemiddelde
Afbreking: ge•mid•del•de
Selfstandige naamwoord: gemiddelde
Meervoud: gemiddeldes
Betekenis:
• Die som van 'n reeks getalle gedeel deur die aantal daarvan.
Gebruik:
• Die gemiddelde van 4, 5 en 6 is (4 + 5 + 6) ÷ 3 = 5.
Sinoniem:
• middelwaarde
Afkorting:
• gem.
Vertaling:
Engels: average, mean
Nederlands: gemiddelde
Byvoeglike naamwoord: gemiddeld
Attributief: gemiddelde
Betekenis:
• Attributiewe vorm van gemiddeld: wat as normaal, gewoon of tipies beskou word.
Gebruik:
• Die gemiddelde lewensduur van 'n mens is ongeveer 80 jaar.
Vertaling:
Engels: average, mean
Nederlands: gemiddelde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|