Betekenis:
• Om iets in lengte langer te maak of langer te rek.
• Om oor 'n tydperk of afstand uit te rek.
• Om te dien; fungeer, geld.
Gebruik:
• Onthou om te strek en op te warm voordat jy op die veld draf.
• Die Stille Oseaan strek van die Noordpool tot die Suidpool.
• Sy gedrag strek hom tot eer. Bloedige hale en wonde strek tot getuienis dat Romeinse slawe gemartel is.
Afgelei:
• strekbaar
• strekking
• strekoefening
Vertaling:
Engels: to stretch, reach, extend
Nederlands: strekken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.