Betekenis:
• Om weer werkend te kry; 'n gebreekte ding regmaak.
• Om gesond te word; beter raak; regkom.
• Om na die vorige toestand terug te keer; weer invoer; ongedaan maak.
Gebruik:
• Kan jy die radio herstel?
• Sy het besonder goed van die operasie herstel.
• Diensplig is afgeskaf, maar as oorlog uitbreek sal die land dit weer moet herstel.
Afgelei:
• herstelbaar
Vertaling:
Engels: to repair, restore; to recover
Nederlands: herstellen
Selfstandige naamwoord: herstel
Meervoud: –
Betekenis:
• Die proses van regmaak; weer maak soos dit was.
• Die proses van regkom of gesond word.
• Die proses van ongedaan maak; na die vorige toestand teruggaan.
Gebruik:
• Die herstel van die vrieskas gaan 'n paar rand kos.
• Die herstel sal 'n paar weke neem.
• Die herstel van die skade gaan ons finansieel ruïneer.