bestuur [boodskap #126269] |
Wed, 29 May 2019 09:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21172 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bestuur
Afbreking: be•stuur
Werkwoord: bestuur
Verlede tyd: het bestuur
Betekenis:
• Om die beweging van iets (soos 'n voertuig) in 'n rigting te stuur.
• Om beheer en leiding te gee; iets of iemand lei.
Gebruik:
• Eendag gaan alle karre hulself bestuur.
• Hy is besig om die maatskappy in die afgrond in te bestuur.
Vertaling:
Engels: to drive; to govern, rule, manage
Nederlands: besturen
Selfstandige naamwoord: bestuur
Meervoud: besture
Betekenis:
• Manier of wyse waarop 'n organisasie gelei en gestuur word.
• Groep mense wat die beheer en leiding van 'n organisasie behartig.
Gebruik:
• Die bestuur van ons vereniging laat veel te wense oor.
• Die maatskappy se bestuur vergader weekliks om dringende sake te bespreek.
Afgelei:
• dronkbestuur
• krisisbestuur
• selfbestuur
• staatsbestuur
• stresbestuur
Afgelei:
• bestuurbaar
• bestuurder
Vertaling:
Engels: management, government, sway, direction
Nederlands: bestuur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|