wyse [boodskap #126210] |
Mon, 27 May 2019 16:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wyse
Afbreking: wy•se
Selfstandige naamwoord: wyse
Meervoud: wyses
Betekenis:
• Hoe iets gebeur of gedoen is.
Gebruik:
• 'n Sluipmoord is 'n moord wat in die geheim op 'n verraderlike wyse beplan en uitgevoer word.
Sinoniem:
• manier
• metode
Vertaling:
Engels: way, manner, mode
Nederlands: wijze
Byvoeglike naamwoord: wys
Vergrotende trap: wyser
Oortreffende trap: wysste
Attributief: wyse
Partitief: wys
Betekenis:
• Attributiewe vorm van wys: slim en verstandig.
Gebruik:
• Chronos word gewoonlik uitgebeeld as 'n wyse ou man met 'n lang, grys baard, soos Vader Tyd.
Vertaling:
Engels: wise
Nederlands: wijze
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|