Balsem van Gilead [boodskap #126199] |
Sun, 26 May 2019 18:52 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Balsem van Gilead is gelerige gom van bome in Arabië en Ethiopië. Dié wat in die Bybel genoem word, was moontlik hars van die mastik-struik.
Die bos wat die hars vervaardig waarvan die balsem gemaak is, het in Ou Testamentiese tye volop in Gilead (oos van die Jordaan, vandag Jordanië) gegroei. Dit was 'n aromatiese gom of spesery wat gebruik is om wonde te genees. Sien Gen. 43:11; Jer. 8:22; 46:11; 51:8, ens.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|