ondersoek [boodskap #126035] |
Ma, 20 Mei 2019 16:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20782 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ondersoek
Afbreking: on•der•soek
Selfstandige naamwoord: ondersoek
Meervoud: ondersoeke
Verkleinwoord: ondersoekie
Meervoud van verkleining: ondersoekies
Betekenis:
• Deeglik oor iets uitvind of daarna kyk; die handeling van navorsing doen en nagaan.
Gebruik:
• Die ondersoek na die moord vorder nie goed nie.
Hiponiem:
• doodsondersoek
• polisieondersoek
• selfondersoek
• skedelondersoek
• urineondersoek
• voorondersoek
Afgelei:
• ondersoeker
• ondersoekspan
Vertaling:
Engels: investigation, examination, inquiry
Nederlands: onderzoek
Werkwoord: ondersoek
Verlede tyd: het ondersoek
Teenwoordige deelwoord: ondersoekend, ondersoekende
Verlede deelwoord: ondersoekte
Betekenis:
• Versigtig na iets kyk en meer daaroor probeer uitvind; navors; naspoor.
Gebruik:
• Die moord word ondersoek.
• 'n Paleontoloog is 'n wetenskaplike wat fossiele ondersoek.
Vertaling:
Engels: to investigate, examine
Nederlands: onderzoeken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|