| ondersoek [boodskap #126035] |
Ma., 20 Mei 2019 16:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26204 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
ondersoek
Afbreking: on•der•soek
Selfstandige naamwoord: ondersoek
Meervoud: ondersoeke
Verkleinwoord: ondersoekie
Meervoud van verkleining: ondersoekies
Betekenis:
• 'n Noukeurige studie of navorsing om iets vas te stel of meer daaroor uit te vind.
Gebruik:
• Die ondersoek na die moord vorder goed.
Hiponiem:
• doodsondersoek
• polisieondersoek
• selfondersoek
• skedelondersoek
• urineondersoek
• voorondersoek
Afgelei:
• ondersoekeenheid
• ondersoeker
• ondersoekspan
Vertaling:
Engels: investigation, examination, inquiry
Nederlands: onderzoek
Werkwoord: ondersoek
Verlede tyd: het ondersoek
Teenwoordige deelwoord: ondersoekend, ondersoekende
Verlede deelwoord: ondersoekte
Betekenis:
• Om deeglik na iets te kyk en meer daaroor te probeer uitvind.
Gebruik:
• Die polisie ondersoek die moord.
• Die dokter het die pasiënt deeglik ondersoek.
Sinoniem:
• bestudeer
• nagaan
• naspeur
• naspoor
• navors
Vertaling:
Engels: to investigate, examine
Nederlands: onderzoeken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|