Betekenis:
• Nie baie nie; weinig.
• Net 'n bietjie.
Gebruik:
• Hulle praat min met mekaar. Ons braai heeltemal te min.
• Daar is min geld vir die res van die maand oor.
Spreekwoord:
• Hoor is min. [Hy wil nie luister nie.]
• Net so min soos die man in die maan. [Glad nie.]
• So min as ’n kat van saffraan. [Geen kennis hoegenaamd van iets hê nie.]
• Niks vir niks en baie min vir 'n sikspens. [Vir alles moet kontant betaal word.]
• Te min om van te leef en te veel om van dood te gaan. ['n Baie skraal inkomste hê.]
• So min van iets weet soos 'n aap van godsdiens. [Heeltemal niks weet van 'n saak nie]
Antoniem:
• baie
Vertaling:
Engels: little, few
Nederlands: weinig
Nota:
• Kan ook as 'n onbepaalde hooftelwoord geklassifiseer word.
Bywoord: min
Betekenis:
• In die negatief.
Gebruik:
• Dit was min 3 grade buite.
Sinoniem:
• minus
Antoniem:
• plus
Vertaling:
Engels: minus
Nederlands: min, minus
Werkwoord: min
Verlede tyd: het gemin
Betekenis:
• Om af te trek; verminderd met (-).
• Om lief te hê; bemin.
Gebruik:
• Drie min twee is een.
• Ja, Jesus min my.
Vertaling:
Engels: to minus; to love
Nederlands: min; beminnen
Selfstandige naamwoord: min
Meervoud: minne
Betekenis:
• In liefde en vrede.
Gebruik:
• Die kerkraad het sy bes probeer om die saak in der minne te skik.
Vertaling:
Engels: love
Nederlands: beminnen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.