Tuis » Taal » Woordeboek » beheer
beheer [boodskap #125847] |
Wo., 15 Mei 2019 18:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21430 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beheer
Afbreking: be•heer
Werkwoord: beheer
Verlede tyd: het beheer
Betekenis:
• Sake reël; verantwoordelik wees vir; lei.
Gebruik:
• Walvisvangste word streng deur 'n internasionale ooreenkoms beheer.
• Ons rekenmeester beheer die finansiële state.
Vertaling:
Engels: to manage, control, administer
Nederlands: beheren
Selfstandige naamwoord: beheer
Meervoud: —
Betekenis:
• Bestuur en toesig oor iets of iemand; administrasie; kontrole.
Gebruik:
• Die voorman is in beheer van die plaas.
• 'n Slaaf is iemand wat gedwonge en sonder vergoeding onder die beheer van 'n ander persoon werk.
Hiponiem:
• spierbeheer
Afgelei:
• beheerkamer
• beheerklep
• beheerpaneel
• beheerpunt
• beheerraad
• beheerstelsel
Vertaling:
Engels: management, administration, control
Nederlands: beheer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
 |
Vorige onderwerp: |
lang |
Volgende onderwerp: |
vind |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 07 14:10:58 UTC 2025
|