Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vind
vind [boodskap #125848] Wo., 15 Mei 2019 18:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25890
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vind
Afbreking: vind




Werkwoord: vind
Verlede tyd: het gevind
Teenwoordige deelwoord: vindend, vindende
Verlede deelwoord: gevonde

Betekenis:
• Om iets of iemand te kry nadat mens daarna gesoek het; na 'n soektog aantref.
• Om iets op 'n bepaalde wyse te beskou of te ervaar; bevind, bespeur.

Gebruik:
• Sy vind haar sleutels in die vrieskas!
• Ek vind dat pastei my sooibrand gee.

Spreekwoord:
• Die hond in die pot vind. [Te laat kom vir ete.]
• Wie soek, sal vind. [Volharding word uiteindelik beloon.]
• Ek vind aanklank daarby. ['n Positiewe ervaring van iets hê.]
• Dis vir my om te weet en vir jou om uit te vind. [Ek weet dit, maar sal jou nie sê nie.]

Sinoniem:
• aantref
• bespeur
• kry
• ontdek
• opspoor
• raakloop

Antoniem:
• verloor

Afgelei:
• bevind
• uitvind
• vindbaar

Vertaling:
Engels: to find
Nederlands: vinden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 19 Julie 2026 17:23]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: beheer
Volgende onderwerp: historiese
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Jul. 21 15:20:29 UTC 2026