| beheer [boodskap #125847] |
Wo., 15 Mei 2019 18:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25603 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beheer
Afbreking: be•heer
Werkwoord: beheer
Verlede tyd: het beheer
Teenwoordige deelwoord: beherend, beherende
Verlede deelwoord: beheerde
Betekenis:
• Om sake te reël, te bestuur en vir die uitkoms verantwoordelik te wees.
Gebruik:
• Die verkeerspolisie beheer die verkeer.
• Sy het beheer oor die voertuig verloor.
Sinoniem:
• bestuur
• kontroleer
Vertaling:
Engels: to manage, control, administer
Nederlands: beheren
Selfstandige naamwoord: beheer
Meervoud: —
Betekenis:
• Die bestuur en toesig oor iets of iemand; administrasie, kontrole.
Gebruik:
• Die situasie is onder beheer.
• Die voorman is in beheer van die plaas.
Hiponiem:
• spierbeheer
• prysbeheer
Afgelei:
• beheerbaar
• beheerder
• beheerkamer
• beheerklep
• beheerpaneel
• beheerpunt
• beheerraad
• beheerstelsel
Vertaling:
Engels: management, administration, control
Nederlands: beheer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|