Betekenis:
• Die bruin stof op die aardoppervlak waarin plante en bome groei.
• 'n Bepaald stuk van die aardoppervlak wat deur iemand besit word.
• Die aardoppervlak in 'n algemene sin.
• Die rede of basis van gedrag, houding, standpunt of motief.
Gebruik:
• Die seuntjie gooi sy maatjies met grond.
• Die ontwikkelaar het grond gekoop om 'n winkelsentrum op te rig.
• Na 'n lang vlug staan ons weer op vaste grond.
• Op grond waarvan maak jy hierdie aanname?
Spreekwoord:
• Ek staan op vaste grond. [Seker van jou saak wees.]
• Jy het geen grond onder jou voete nie. [Jy het geen bewyse om jou bewerings te staaf nie.]
• Sy wou deur die grond sink. [Ek was baie verleë en skaam.]
• Hulle beweeg op gevaarlike grond. [In 'n gevaarlike onseker posisie wees.]
• Hy is soos 'n vis op droë grond. [Ontuis; verlore; magteloos wees.]
• Hy slaan ysterklou in die grond. [Wegvlug.]
• Iemand uit die grond loop. [Omstamp.]
• Hy meet sy lengte op die grond. [Hy val plat neer.]
• Hy mis alle grond. [Van alle waarheid ontbloot wees.]
• Hy vang vis op droë grond. [Hy probeer die geheim tevergeefs uitvis.]
• Hy vreet grond. [Sneuwel of van 'n rydier afval.]
• Klou in die grond slaan. [Jou bes doen.]
• Wie modder gooi, verloor grond. [Diegene wat ander kritiseer verloor self geloofwaardigheid.]
• Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond. [Swygsame mense verras jou dikwels; 'n sedige voorkoms is bedrieglik.]
• Van die hand na die mond val die pap op die grond. [Op die laaste oomblik kan iets nog verkeerd gaan.]
• As jy op twee stoele tegelyk wil sit, kom jy op die grond te lande. ['n Mens kan selde twee dinge gelyk met sukses doen.]