Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ses
ses [boodskap #125784] Ma., 13 Mei 2019 14:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26357
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ses
Afbreking: ses




Telwoord: ses

Betekenis:
• Die getal 6; een meer as vyf en een minder as sewe.

Gebruik:
• Hy speel ses keer per week tennis.

Spreekwoord:
Ses van die een en 'n halfdosyn van die ander. [Dieselfde ding.]

Verwant:
• sesde

Vertaling:
Engels: six
Nederlands: zes
Sotho: tshela
Zoeloe: isithupha


Selfstandige naamwoord: ses
Meervoud: sesse
Verkleinwoord: sessie
Meervoud van verkleining: sessies

Betekenis:
• Die getal 6 (5 + 1).
• 'n Hou in krieket waar die bal in die lug oor die grens trek.

Gebruik:
• Die ses van hulle is besig om my van my kop af te dryf.
• Die krieketspeler het 'n ses en twee viere geslaan.

Spreekwoord:
• Iemand vir 'n ses slaan. [Iemand stomslaan.]

Afgelei:
• seshoek
• seskantig
• sesmaandeliks
• sestal
• sesuur
• sesvoudig

Vertaling:
Engels: six
Nederlands: zes

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ekonomiese
Volgende onderwerp: grond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Sep. 04 23:30:25 UTC 2026