Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nou (nóú)
nou [boodskap #125585] Sa., 04 Mei 2019 20:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26311
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
nou
Afbreking: nou
Uitspraak: /nœu/




Byvoeglike naamwoord: nou
Vergrotende trap: nouer
Oortreffende trap: nouste
Attributief: noue

Betekenis:
• Wat min ruimte tussen die kante bied; nie breed of wyd nie.
• Wat baie naby is; rakelings.

Gebruik:
• Die gang is baie nou. Sy dra 'n noue rok wat styf om haar lyf pas.
• Dit was 'n noue ontkoming.

Sinoniem:
• eng
• smal

Antoniem:
• wyd

Vertaling:
Engels: narrow, tight
Nederlands: nauw


Bywoord: nou

Betekenis:
• Op hierdie oomblik; op die huidige tydstip of die tydstip waarna verwys word.

Gebruik:
• Hy sal nou hier wees.
• Sy het nou net klaargemaak.

Spreekwoord:
• Hy is nou beter af. [In 'n gunstiger posisie.]
• Ons is nou kant en klaar. [Heeltemal gereed.]
• Dis nou nie almiskie nie. [Dit ly geen twyfel nie.]
• Hy is nou net stroom-op. [Dwarstrekkerig en koppig.]
Nou is dit bul teen bul. [Nou word daar 'n kwaai stryd gevoer.]
• Dis nou komkommertyd. [Stil tyd wanneer nie veel gebeur nie.]
• Hy is nou tussen hamer en aambeeld. [Tussen twee groot moeilikhede.]
• Ons kom nou eers op stryk. [Aan die gang kom; weer aan die herstel wees.]
• Die wyn is in die man, nou is die wysheid in die kan. [As jy besope is, doen jy dom dinge.]
• Die bruid is in die skuit, nou is die mooipraatjies uit. [Na die huwelik hou die komplimente op.]
• Hy sing nou 'n ander deuntjie. [Iets sê wat glad nie ooreenstem met wat hy eers beweer het nie.]

Sinoniem:
• oombliklik
• tans
• teenswoordig

Antoniem:
• later

Verwant:
• nou-nou
• netnou
• nounet

Vertaling:
Engels: now
Nederlands: nu, nou

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Mei
Volgende onderwerp: party
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Aug. 29 23:47:39 UTC 2026