Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sommige
sommige [boodskap #125583] Sa., 04 Mei 2019 20:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25925
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sommige
Afbreking: som•mi•ge




Onbepaalde telwoord: sommige

Betekenis:
• 'n Onbepaalde (meestal klein) hoeveelheid; net party.

Gebruik:
Sommige mense hou van bier, terwyl ander wyn verkies.

Sinoniem:
• enkele
• party
• sekere

Antoniem:
• alle

Vertaling:
Engels: some
Nederlands: sommige


Selfstandige naamwoord:
Meervoud: sommige

Betekenis:
• 'n Bepaalde groep; nie almal nie.

Gebruik:
Sommige dink net wyn en sommige drink net bier.

Vertaling:
Engels: some
Nederlands: sommige

Nota:
• "Sommige" kan ook as 'n onbepaalde voornaamwoord gedefinieer word.
• Die woord "sommiges" kom in die omgangstaal voor, maar "sommige" is reeds 'n meervoud en die voorkeurvorm.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konus
Volgende onderwerp: Mei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jul. 25 23:01:56 UTC 2026