Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Assam
Assam [boodskap #125504] Di, 30 April 2019 06:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart van Indië met Assam in rooi.
'n Kaart van Indië met Assam in rooi.
Assam is 'n deelstaat (vroeër 'n provinsie) van Indië. Die deelstaat kry buitengewoon swaar reënval (oor die 425 dm. per jaar). Die vernaamste rivier is die Brahmapoetra. Assam lewer sy en katoen, maar is veral beroemd vir tee en rys. Die amptelike taal is Assamees en die bevolking is oorwegend Hindoes en Moslems. Guwahati is die grootste stad. Dispur, wat deel van Guwahati se munisipaliteit is, fungeer as die hoofstad.

Tradisioneel het die naam Assam die hele Noordoos-Indië aangedui, maar na dekolonisasie (1947) word dit in die 1070's herverdeel. Die nuwe deelstaat Assam, wat die hoogste populasie van Noordoos-Indië het, kry 'n eie hoofstad Dispur ('n buitewyk van die grootste stad Guwahati). Sjillong, die hoofstad van noordoos Indië tydens die koloniale tyd, in nou die hoofstad van die deelstaat Meghalaya.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Asquith, Herbert Henry
Volgende onderwerp: Assarhaddon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:48:43 MGT 2024