Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wees
wees [boodskap #125474] So, 28 April 2019 08:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19136
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wees
Afbreking: wees
Uitspraak: /vɪəs/




Werkwoord: is
Verlede tyd: was
Teenwoordige deelwoord: wees
Verlede deelwoord: gewees

Betekenis:
• Teenwoordige deelwoord van "is": wat tans bestaan.

Gebruik:
Wees soet, dan koop ek vir julle roomys.

Spreekwoord:
• Nie links wees nie. [Dadelik begin.]
• Op jou hoede wees. [Versigtig wees.]
• Op die man af wees. [Sonder ompaaie.]
• Lank van asem wees. [Langdradig wees.]
• Dit wil gedoen wees. [Dis iets besonders.]
• Laat jou ja ja wees en jou nee nee. [Wees beslis.]
• In jou noppies wees. [Baie gelukkig en tevrede wees.]
• In iemand se goeie boeke wees. [In iemand se guns wees.]
• In jou skik wees met iets. [Baie tevrede wees met iets.]
• In jou peetjie wees. [Bankrot, onderdeur, tot niet wees.]
• Wie eerste is, sal laaste wees. [Grootdoenerige mense sal later 'n minderwaardige plek inneem.]

Vertaling:
Engels: to be
Nederlands: zijn, wezen

Nota:
Wees is 'n onreëlmatige werkwoord: is - was gewees - sal wees (ist - war/ist gewesen - wird sein).


Selfstandige naamwoord: wees
Meervoud: wese
Verkleinwoord: wesie
Meervoud van verkleining: wesies

Betekenis:
• 'n Kind wat sy ouers verloor het.

Gebruik:
• Die seuntjie is wees.
• Sien om na wese en weduwees in hulle verdrukking!

Afgelei:
• weesfonds
• weeshuis
• weeskind

Vertaling:
Engels: orphn, without parents
Nederlands: wees

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: keer
Volgende onderwerp: hier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 21:49:34 MGT 2024