Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » keer
keer [boodskap #125473] So., 28 April 2019 08:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25790
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
keer
Afbreking: keer




Werkwoord: keer
Verlede tyd: het gekeer
Teenwoordige deelwoord: kerend, kerende
Verlede deelwoord: gekeerde

Betekenis:
• Om iets te stop of voorkom dat dit gebeur; voorkeer; verhinder; terughou; terugdryf.
• Om van rigting te verander; anderkant toe beweeg; 'n wending maak.

Gebruik:
Keer die bal. Die wal keer die water.
Keer terug na God. Dis tyd om huiswaarts te keer.

Vertaling:
Engels: to stop, resist; to turn
Nederlands: keren


Selfstandige naamwoord: keer
Meervoud: kere
Verkleinwoord: keertjie
Meervoud van verkleining: keertjies

Betekenis:
• 'n Geleentheid of gebeurtenis wat herhaal word of herhaal kan word.
• Die staking of beëindiging van iets.

Gebruik:
• Hy maak elke keer presies dieselfde fout.
• Daar is geen keer aan haar nie.

Spreekwoord:
• Derde keer is skeepsreg. [Die derde poging is gewoonlik suksesvol.]
• Gedane sake het geen keer nie. [Aan wat reeds gebeur het, kan niks verander word nie.]
• Betyds keer is 'n goeie geweer. [Dis beter om moeilikheid te voorkom as om dit te probeer bestry.]
• 'n Luiaard dra hom dood, maar hy loop nie twee keer nie. [Gesê van iemand wat op een slag meer wil dra as wat hy kan.]

Sinoniem:
• maal

Vertaling:
Engels: time; stop
Nederlands: keer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: genoem
Volgende onderwerp: wees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jul. 13 10:13:27 UTC 2026