Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aserbeidjan (Azerbeidjan) is 'n land en 'n voormalige republiek van die U.S.S.R. Aserbeidjan lê op die grens van Oos-Europa en Wes-Asië. Die land grens aan die Kaspiese See in die ooste, Iran in die suide, Armenië in het weste, Georgië in die noordweste en Rusland in die noorde. Die waterskeiding van die Kaukasusberge, wat dwarsdeur Aserbeidjan loop, word tradisioneel as die grens tussen Europa en Asië beskou. Die land is in 1920 met geweld by die U.S.S.R. ingelyf, maar het sy onafhanklikheid in 1991 met die verbrokkeling van die Sowjetunie herwin. Die hoofstad en grootste stad is Bakoe.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.