Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Asclepiadaceae
Asclepiadaceae [boodskap #125455] Do, 25 April 2019 07:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Marsdenia cundurango
Marsdenia cundurango
Asclepiadaceae is ’n Angiosperme (sub)familie van kruidagtige of houterige plante met melksap, dikwels rankend, soms sukkulent, en met reëlmatige, 5-tallige blomme met vry kelkblare, vergroeide kroonblare soms met ’n bykroon aan die binnekant; die helmknoppe van die meeldrade is met mekaar en met die stempel vergroei, en die stuifmeel is in massas (pollinia) verenig en besit hegliggaampies; die twee vry vrugblare van die stamper ontwikkel tot ’n dubbele kokervrug met baie sade, gewoonlik met ’n haarklossie elk. Voorbeelde: kambro, klimop, melkbos, melktou, ghaap, kannetjie, Stapelia, tontelbos.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aschenborn, Hans Anton
Volgende onderwerp: Ascot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:09:32 MGT 2024