Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aschenborn, Hans Anton
Aschenborn, Hans Anton [boodskap #125454] Do, 25 April 2019 07:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Een van Aschenborn se sketse.
Een van Aschenborn se sketse.
Hans Anton Aschenborn (1888 - 1931) was 'n Duitse skilder, illustreerder en skrywer van dierverhale, oorspronklik in Duits, in Afrikaans vertaal onder die titels: Die Adelaar e.a. Afrikaanse Verhale (1925) en Uit die lewe van 'n gemsbok (1921).

Aschenborn is op 1 Februarie 1888 in Kiel, Duitsland gebore. Hy is opgelei as 'n boer en kom in 1910 uit Duitsland in Suidwes-Afrika (tans Namibië) aan. Hy begin belangstel in die skilderkuns, veral van die natuurlewe van die kolonie. Keer in 1912 terug na Duitsland vir verdere opleiding, maar kom in 1913 weer na Suidwes-Afrika en vestig hom op sy plaas, 'Quickborn' (Die Bron van Lewende Water). Hier skilder jy veral tonele van wild en die bosveld.

Hy veg in Eerste Wêreldoorlog en word krygsgevange geneem. In 1912 vestig hy hom op Stellenbosch waar hy handelskuns beoefen en Sangiro se Uit Oerwoud en Vlakte illustreer. Hy keer in 1921 met sy gesin na Duitsland terug en is op 11 April 1930 oorlede.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aschelminthes
Volgende onderwerp: Asclepiadaceae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:47:50 MGT 2024