Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stad
stad [boodskap #125401] So, 21 April 2019 11:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stad.
'n Stad.
stad
Afbreking: stad
Uitspraak: /stat/, /stɑt/




Selfstandige naamwoord: stad
Meervoud: stede
Verkleinwoord: stadjie
Meervoud van verkleining: stadjies

Betekenis:
• Nedersetting wat groter as 'n dorp is.
• Plek met genoegsame infrastruktuur waar baie mense woon.

Gebruik:
• Johannesburg is die grootste stad in Suid-Afrika, maar Bloemfontein is die beste stad om in te woon.
• Die stad beslaan 'n oppervlakte van 326 vierkante kilometer en het volgens die 2016-sensus 526 815 inwoners.

Antoniem:
• platteland

Spreekwoord:
• Die beste boer woon in die stad. [Iemand wat nie self 'n werk doen nie, dink dikwels hy weet van beter.]

Afgelei:
• hawestad
• middestad
• stadsraad
• stadsaal
• voorstad

Homofoon:
• stat (groep hutte waarin 'n aantal families bly)

Vertaling:
Engels: city
Nederlands: stad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: deel
Volgende onderwerp: volgens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 15:07:13 MGT 2024