Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sy
sy [boodskap #125224] Do, 28 Maart 2019 10:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sy
Afbreking: sy
Uitspraak: /səɪ̯/




Persoonlike voornaamwoord: sy

Betekenis:
• Verwys na 'n vroulike persoon of dier wat reeds genoem is (die onderwerpsvorm van die persoonlike voornaamwoord, derde persoon, enkelvoud, vroulik).

Gebruik:
Sy wou eers huil, maar toe lag sy eerder.

Antoniem:
• hy

Afgelei:
• syself

Vertaling:
Engels: she
Nederlands: zij


Besitlike voornaamwoord: sy

Betekenis:
• Dui besit aan wanneer iets aan 'n man behoort.

Gebruik:
• Hy het vergeet om sy huiswerk te doen.

Antoniem:
• haar

Vertaling:
Engels: his
Nederlands: zijn


Selfstandige naamwoord: sy
Meervoud: sye
Verkleinwoord: sytjie
Meervoud van verkleining: sytjies

Betekenis:
• Een van die kante van 'n voorwerp, met uitsondering van die bo- en onderkant.
• Die linker- of regterkant van 'n mens, dier of voorwerp.
• Fyn draderige stof deur sywurms gespin, of die sagte stof wat daarvan vervaardig is.

Gebruik:
• Op watter sy moet ek die boks sit? 'n Vierkant het vier sye.
• Ek het 'n pyn in my sy.
• Die serp is van sy vervaardig.

Afgelei:
• kunssy
• systof

Vertaling:
Engels: side, silk
Nederlands: zij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wat
Volgende onderwerp: op
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:28:00 MGT 2024