Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » op
op [boodskap #125227] Do, 28 Maart 2019 15:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19132
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
op
Afbreking: op




Bywoord: op

Betekenis:
• Na bo beweeg; boontoe gaan.
• Klaar en is daar niks meer oor nie; verbruik; opgebruik.
• Uit die bed; opgestaan.

Gebruik:
• Sy ry op met die hysbak.
• Al die kos is op.
• Sy was 'n dag ná die operasie al op.

Antoniem:
• onder
• af

Vertaling:
Engels: up, upward; finished; up and about
Nederlands: op


Voorsetsel: op

Betekenis:
• Bokant, maar steeds in aanraking met iets of iemand.
• By of in 'n bepaalde plek of situasie.
• Baie naby aan.

Gebruik:
• Sy sit op 'n stoel.
• Sy is op skool. Hy is op die plaas.
• Moenie so op my staan nie.

Vertaling:
Engels: on, in, at
Nederlands: op

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sy
Volgende onderwerp: word
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 13:40:45 MGT 2024