Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » word
word [boodskap #125228] Do, 28 Maart 2019 15:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
word
Afbreking: word
Uitspraak: /vɔrt/



Werkwoord: word
Verlede tyd: het geword
Teenwoordige deelwoord: wordende

Betekenis:
• As iets begin of die genoemde toestand bereik.
• Vir 'n spesifieke werk leer of voorberei.

Gebruik:
• Jou tee word koud. Wat gaan van jou word?
• As ek groot is wil ek 'n brandweerman word.

Spreekwoord:
• Hy word oor die kole gehaal. [Berispe.]
• Sy word ter aarde bestel. [Sy is begrawe.]
• Dit word van stapel gestuur. [Aan die gang sit.]
• Hy praat tot hy blou word. [Hy pleit tevergeefs.]
• Dit word groen en geel voor sy oë. [Duiselig word.]
• Hy word soos 'n hond behandel. [Baie sleg behandel.]
• Sy word aan bande gelê. [Haar mag word beperk; afhanklik gemaak.]
• Deur stampe en stote word 'n mens wys. [Deur teenspoed leer 'n mens.]
• Hy word vir die strop groot. [Sonder dissipline en maniere grootword.]
• Aan wie het, sal gegee word. [Hy wat reeds iets besit, kry maklik meer.]
• Aan die vrug word die boom geken. [Iemand se karakter spreek uit sy dade.]
• As twee hande mekaar was, word albei skoon. [Deur 'n ander te help, word 'n mens self gehelp.]
• 'n Profeet word nie in sy eie land geëer nie. [Verdienstelike persoon verdien meer waardering by vreemdes as in sy eie omgewing.]

Afgelei:
• wording

Vertaling:
Engels: to become, get
Nederlands: worden

Nota:
• Die argaïese vorm "werd" word selde in hedendaagse Afrikaans gebruik.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: op
Volgende onderwerp: met
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 15:03:00 MGT 2024