Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » en (én)
en [boodskap #125211] Wo, 27 Maart 2019 06:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sout en peper.
Sout en peper.
en
Afbreking: en
Uitspraak: /e(ː)n/, /ən/




Voegwoord: en

Betekenis:
• Verbind twee of meer begrippe, woorde of sinne gelykberegtigend.
• Dui die laaste items van 'n lys aan.
• Aanloop van 'n sin om voortgang aan te dui, of as aanloop van 'n vraag.
• Die wiskundige bewerking plus.

Gebruik:
• Hy sit en drink koeldrank.
• Fietse, motorfietse en bromponies word verbied. Koop asseblief melk en botter.
En wie is jy? En toe? En toe gebeur die snaaksste ding!
• Twee en drie is vyf.

Sinoniem:
• benewens
• ook
• tewens
• plus

Vertaling:
Engels: and; well
Nederlands: en
Xhosa: na-
Zoeloe: na-

Nota:
• Die ampersand (&) word soms gebruik om "en" aan te dui.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: van
Volgende onderwerp: in
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 19:16:43 MGT 2024