Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alberdingk Thym
Alberdingk Thym [boodskap #124907] Ma, 04 Maart 2019 07:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alberdingk Thym was twee Nederlandse skrywers.

Die vader Josephus Albertus (1820 - 89) was oorspronklik geruime tyd in die handel. Vroeg in 1876 word hy benoem tot hoogleraar aan die Akademie vir Beeldende Kunste in Amsterdam, skryf novelles, gedigte en historiese studies, word veral bekend as voorvegter vir Rooms-Katolieke geestelike lewe in Nederland, in besonder in sy tydskrif De Dietse Warande waarvan hy 1855 - 86 redakteur is. Een van sy bekendste prosawerke is De Organist van den Dom (1849) asook Karolingische Verhalen (1851).

Sy seun Karel Johan Lodewijk A.T. (1864 - 1952) het veral onder die skuilnaam Lodewijk van Deyssel geskryf. Hy het ’n lewendige, kritiese en beskouende talent besit. Neem ’n baie belangrike plek in die Beweging van Tagtig in en oefen op baie van sy tydgenote ’n sterk invloed uit. As sy wysgerige hoofwerk word beskou Uit het Leven van Frank Rozelaar (eerste volledige uitgawe 1956). Lodewijk van Deyssel skryf twee romans: Een Liefde (1887) en De kleine Republiek (1888), 'n aantal gedigte nooit in boekvorm byeengebring en ’n groot aantal opstelle in twaalf bundels versamel. Verder skryf hy ook Gedenkschriften (1924) en onder die skuilletters A.J. ’n lewensbeskrywing van sy vader en een van Multatuli. Sy lewenshouding en sy werk is kenmerkend vir die tyd waarin dit geskryf is.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Albéniz, Isaac
Volgende onderwerp: Albert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:15:42 MGT 2024