Jan, jou stoute bliksim [boodskap #8900] |
Wed, 26 March 1997 00:00 |
saar...
Boodskappe: 1 Geregistreer: March 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Jan jou stoute bliksim,wag jy tot donker
tot die maan skyn en die sterre vonkel
om met mapelaan te sit en konkel
is alle mans soos stoute seuntjies
verbied net iets, en dis wat hul doen
onder die kombers in sokkie of skoen
doer in die verte sien ek 'n stofwolk
daar tussen die koppies by duiwelsdraai
o my god, dis die warrelwind
van die verlede op pad na die toekoms
jy's darem maar 'n seksie boerseun
jou afrikaner, jou houtwerk man
ek soen jou pragtige slim vingers
jou lang songebrande arms
jou biltong sout lippe
ag Jan......
|
|
|
Re: Jan, jou stoute bliksim [boodskap #8910 is 'n antwoord op boodskap #8900] |
Thu, 27 March 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 26 Mar 1997 09:04:32 GMT, saar...@loxinfo.co.th wrote:
>>>[/color]
Ek ken 'n ou. Sy naam is Jan. Hy gaan waarskynlik die stuk opplak. En
met 'n vraag in die oog vir baie vrouens wys. Jy sterk hom in sy
kwaad, sussie....
|
|
|