| Oor arm mense in die Nuwe SA [boodskap #8862] |
So., 23 Maart 1997 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
Keer op keer en plek op plek hoor 'n mens dit.
Die boere het voorsien dat Derek Hanekom (hy het in der waarheid dit
vroeg al aangekondig), die minister van landbou, wetgewing gaan maak
wat aan plaasarbeiders wat al geslagte of dekades op plase bly,
regtens permanensie gaan gee.
'n Wet wat bepaal dat die boer nie sommer op die ingewing van die
oomblik die mense kan afjaag nie. Dat hulle verblyfregte op die plaas
verwerf het.
Toe jaag hulle mense wyd en syd af van hul plase VOOR die wetgewing
van krag word.
Die mense bewoon nou plakkersdorpe wat oral opgeskiet het.
In een geval waarvan ek vertel is werk 'n klomp van die mense wat in
die nuwe plakkersdorp woon. selfs nog op die plase.
Maar hulle en hulle kinders mag nie meer op die plaas woon nie.
Hulle woon in pondokkies op 'n vlakte wat reeds een keer verspoel het.
Daar word ook gese elke keer as die plaaslike owerheid ('n SDR) 'n
plek geidentifiseer het vir hulle om op te woon en 'n aanbod gemaak
het om dit te koop, dan lek die nuus uit en verhoog die boer sy prys
so dat die transaksie deur die mat val.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Oor arm mense in die Nuwe SA [boodskap #8903 is 'n antwoord op boodskap #8862] |
Wo., 26 Maart 1997 00:00   |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: Desember 1996
|
Senior Lid |
|
|
In Article, writes:
> 'n wet wat
>> mense se grond onteien, >>>
>
> Nee. Dit het niks met onteiening te doen nie.
Nou wat noem jy dit dan? Die boer verloor beheer oor 'n deel van sy grond. Dit
is nie meer sy eiendom nie. Noem dit wat jy wil, maar die feite bly.
>
> Dit het egter alles te doen met regte wat toegeken word en 'n
> gemeenskap wat die toekenning van daardie regte moet aanvaar as 'n
> werklikheid.
Afgedwing! Die eensydige toekenning van regte sal altyd weerstand tot gevolg
he^.
> En as regte toegeken word is daar gewoonlik teenprestasies daarvoor.
Wat wat is in die geval? Die boere kry geen teenprestasie nie.
>
> Die ooreenkoms met Eskom is vir my nie in die aarde van die "regte"
> nie maar dat in albei gevalle het hulle geweet dat dit wat gedoen moet
> word, in party kringe uiters ongewild gaan wees en waarskynlik
> teenstand gaan kry.
Mense wat elektrisiteit gebruik weet hulle moet betaal daarvoor. Dit is 'n
gevestigde feit. Om die hol nou verder onder die hoender uit te ruk. Dit is
soos mense wat na 'n Universiteit of Kollege toe gaan, wetende dat hulle moet
betaal, en dan weier om so te doen. Dit het geen vergelyking met die afdwing
van nuwe wetgewing waar gevestigde regte (grond besit) nie. Dit is nie asof jy
altyd nog verniet Univesiteit toe gegaan het, en nou moet jy skielik betaal
nie.
> Toe Eskom rekenings begin uitstuur het, het hulle geweet daar gaan
> teenstand wees, maar om dit nie te doen nie, sou wees om die beginsel
> van betaal vir dienste weg te gooi.
> Die ooreenkoms le daarin dat albei gedoen het wat gedoen moes word en
> besluit het om nie afgedreig te word nie.
> In albei gevalle gaan dit ook tyd en 'n gekners wees voor die reg en
> die beginsel onderskeidelik breed in sekere gemeenskappe sal posvat.
> En na my mening gaan dit noodsaaklik wees dat dit posvat as ons die
> land in goeie werkende orde wil kry.
Jy vergelyk dinge wat nie die selfde is nie. As ESKOM ewe skielik vir die
eerste keer begin rekeninge uitstuur waar krag altyd verniet was, DAN is dit
meer dieselfde. Hoe kan jy nou onderhandel oor of jy moet betaal of nie, dit
is 'n gevestigde feit.
>
> > samesprekinge sy wet byna net so op die wet boeke sou geland het.>>
>
> Sover ek weet wat daar baie samesprekinge. Die weerstandbiedende boere
> het hom egter as 'n ANC-kommunistiese terroris gesien.
Jy weet verkeerd.
>
> Hulle het ook nie juis gelyk of hulle vatbaar was vir enige oortuiging
> rakende arbeidsregte vir plaaswerkers nie, laat staan nog
> verblyfsregte..
>
> > verjaag nie.)>>>
>
> Natuurlik nie. Hulle is geen "probleem" nie. Maar daar is ander wat
> nie so is nie en dit lyk asof hulle baie probleme skep.
>
> >>
>
> Is daar nie ook 'n probleem dat wat die boere wil he en wat Hanekom en
> sy regering wil he, fundamenteel verskil op plekke nie?
Presies. Dit is waarvoor samesprekings daar is. Om die midde punt te probeer
soek.
>
> >
>
> Natuurlik het hulle regte.
> Maar as jy aan plaasarbeiders byvoorbeeld arbeidsregte gee, dan neem
> jy mos die boer se reg om hulle te behandel soos hy wil, weg?
> Dieselfde met verblyfregte.
> En dit lyk my asof ons uit 'n verlede kom waar plaaswerkers geen regte
> hoegenaamd gehad het nie.
> So die eerste vestiging van hule regte sal dan logies behels dat die
> boere se bestaande regte ingekort word.
Wat is volgende. Die huishulp wat in 'n agterplaas bly, sal nou permanente
verblyf reg kry?
> Dis alles baie koel by my - solank dit gedoen word op 'n wyse wat die
> gemeenskap gaan beter maak en dit lyk vir my van ver af met nie baie
> kennis nie of Hanekom nog goed binne daai grense optree.
Dankie vir daardie erkenning. Ek dink ons stry van verskillende standpunte af
en dit gaan nerens heen nie.
Terug na jou vir danksegging en gebed.
|
|
|
|
| Re: Oor arm mense in die Nuwe SA [boodskap #8913 is 'n antwoord op boodskap #8862] |
Do., 27 Maart 1997 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 26 Mar 97 08:58:27, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
Nee. Dit het niks met onteiening te doen nie.
>
> Nou wat noem jy dit dan? Die boer verloor beheer oor 'n deel van sy grond. Dit
> is nie meer sy eiendom nie. Noem dit wat jy wil, maar die feite bly.>>>
Onteiening is wanneer die owerheid besitreg van jou grond van en jou
vergoed.
Verblyfreg is iets anders.
Soos die reg om op 'n pad oor jou grond na my grond te ry. Dit bly jou
grond en jy kan dit verkoop en alles, maar ek het 'n reg verwerf om
dit as toegang te gebruik.
Daardie mense het in elk geval verblyfreg vir dekades en dekades gehad
en dit was so aanvaar deur die boere.
En as regte toegeken word is daar gewoonlik teenprestasies
daarvoor.
>
> Wat wat is in die geval? Die boere kry geen teenprestasie nie.>>>
Die teenprestasie is 'n meer stabiele gemeenskap wat ook die boere se
kinders bevoordeel.
En as dit aanvaar word, minder plakkerskampe waarheen mense stroom wat
nerens het om te gaan nie, geen geld het nie en geen vaardighede het
nie.
By the way, sover ek weet het Hanekom baie samesprekinge met
boere-organisasies gehad. Hy het ook oral deur die land vergaderings
van boere te woord gestaan.
|
|
|
|