Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #120707] |
Mon, 06 August 2018 06:14 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Magnus Malan was op sy dag die hoof van die Suid-Afrikaanse Leër en die Minister van Verdediging. Hy is op 18 Julie 2011 (op 81) by sy huis aan hartversaking oorlede. Nou, sewe jaar ná sy dood, word 'n boek bekendgestel wat beweer dat hy 'n pedofiel was wat 40 tot 50 jaar terug aan seksorgies tydens "visvanguitstappies" deelgeneem het. Die boek se naam is "Die seuns van Bird Island" (nogal in Afrikaans, hoewel hulle seker "Birdeiland" bedoel).
Dis 'n afgryslike storie, maar klink 'n bietjie dik vir 'n daalder. Kan dit 'n poging wees om geld te maak uit iemand wat homself nie meer kan verdedig nie, of is dit dalk waar? Hoe kon so iets vir so lank toegesmeer word?
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #131092 is 'n antwoord op boodskap #130119] |
Wed, 29 April 2020 17:50 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
En daar kry Barend du Plessis, Magnus Malan en John Wiley 'n opregte en onvoorwaardelike verskoning van 'n onopregte Media24.
Die skikkings van R3 miljoen is seker nie te versmaai nie, maar ek dink hulle kan hul sterre dank hulle het so lig daarvan afgekom.
|
|
|