Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Gewapende aanvalle by PRIMêRE skool in Centurion - kan jy dit glo
Gewapende aanvalle by PRIMêRE skool in Centurion - kan jy dit glo [boodskap #119836] Do, 18 November 2010 12:32
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gewapende rowers slaan toe by laerskool
2010-11-17 11:21

Hilda Fourie
Die oplettendheid van 'n gr 6-seun kon ongelukkig nie keer dat die
terreinbestuurder van 'n laerskool in Centurion in sy kantoor beroof
is nie.

Die werknemer van die skool in Centurion is gistermiddag omstreeks
13:00 deur twee mans, waarvan een gewapen was, beroof.

'n Gr. 6 seun het, terwyl die mans tussendeur kinders en volwassenes
oppad was na die terreinbestuurder se kantoor toe, gesien hoe een van
hulle 'n vuurwapen in sy broek dra en dit uithaal.

Die leerling het gehardloop om hulp te gaan soek, maar die rooftog het
so vinnig gebeur dat teen die tyd wat die hulp gekom het die mans
reeds by die skoolhek uit was.

Hulle het in 'n silwerblou Toyota Corolla gevlug en weggekom met 'n
onbekende bedrag geld asook 'n selfoon.

Die vermoede bestaan dat hulle die man van die bank na die skool
gevolg het. Hy het vroeër die dag gaan geld trek.

Lees die volledige berig Donderdag in Beeld.
Vorige onderwerp: Drie dood gevind op Limpopo-plaas
Volgende onderwerp: Plakkery styg met 1000% in Nuwe Suid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:27:01 MGT 2024